Kinderoffering perseel in Peru opgegrawe

In die noorde van Peru het argeoloë die oorblyfsels van 48 kinders opgegrawe – almal vermoedelik meer as 600 jaar gelede in ‘n ritueel geoffer. Baie van die oorskot het snye aan die borsbeen, sommige aan die ribbesen elke kind is afsonderlik begrawe. Die oorskot van twee volwassenes en nege lamas is ook gevind. Hulle het waarskynlik aan die plaaslike Chimu-groep behoort, wat noordelike Peru van die 700’s tot die laat 1400’s oorheers het. Geskiedkundiges meen die groep het moontlik aan kinderoffers deelgeneem as ’n poging om hul gode te paai ná swaar reën en oorstromings. Hulle is net dekades later deur die Inka oorrompel.