Werkers moet altyd veilig wees, ongeag die sektor – vakbondleier

Die tweede uitgawe van IPPR se Green Hydrogen Monitor bied opdaterings en insigte oor ontwikkelings in Namibië se groenwaterstof-bedryf. ‘n Sleutelartikel bespreek kommer oor vaardigheidsontwikkeling en werksgeleenthede, veral van inwoners in die suide. Hulle vrees dat die regering se groenwaterstofprojekte hulle dalk nie regstreeks sal bevoordeel nie. Die streekleierskap word versoek om te verseker dat landelike gemeenskappe tasbare voordele uit hierdie inisiatiewe sien. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbondman Job Muniaro gesels, wat sê die klem is op die verkeerde plek.