Ministerie loods plastiese chirurgie-veldtog vir gesondheid

Die gesondheidsministerie het ‘n veldtog vir plastiese chirurgie in die Erongo-streek van stapel gestuur. Die veldtog, onder leiding van dr. Augustu Gawab, fokus op dringende mediese ingrypings, nie kosmetiese prosedures nie. Dit is daarop gemik om onder andere brandslagoffers te help en oortollige vet vir gesondheidsdoeleindes te verminder. Dit teiken toestande soos abnormale vetverspreiding en te groot borste, wat gesondheidskwessies veroorsaak. ’n Sleutelgeval behels rekonstruktiewe chirurgie vir ’n vierjarige brandslagoffer met ’n gesig-litteken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidministerie, wat meer inligting gee.