Airlink verbind Jhb en Kinshasa in Maart ’25

Airlink stel van 25 Maart 2025 af vlugte in tussen Johannesburg en Kinshasa, die hoofstad van die Demokratiese Republiek die Kongo. Die uitvoerende hoof van Airlink Rodger Foster sê die lugredery, wat reeds vlugte aanbied na Lubumbashi, beskou die DRK as ‘n belangrike mark met Kinshasa wat Afrika se digbevolkste stad is. Hy sê die diens sal drie dae per week aangebied word, wat reiskeuses vir passasiers verbreed, met gerieflike verbindings na ander streeks- en interkontinentale bestemmings.