LPO se Van Wyk sê oor veebemarkingsyfers

Tydens die Namibiese Landbou Unie se jaarkongres het die Lewendehawe Produsente Organisasie ‘n verslag gegee oor hulle vordering in 2024. Volgens die voorsitter van die organisasie, Jako van Wyk, lyk dinge heel goed ten spyte van die droogte. Op ‘n ander noot het die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad gesê dat algehele beesbemarking vir die eerste keer vanjaar ‘n afname beleef het. Dit was as gevolg van verminderde aktiwiteite by beide uitvoergoedgekeurde en plaaslike abattoirs, sowel as in lewende uitvoere. Van Wyk gee die raad se statistieke.