Gemeenskap help om berugte veediefstalverdagte vas te trek

Die berugte veediefstalverdagte Robert Garus-Oab sal weer op 17 Oktober in die laerhof op Walvisbaai verskyn na hy vandeesweek in Mondesa, Swakopmund, in hegtenis geneem ná ‘n gemeenskapswenk. Met nege ander het Garus-Oab na bewering ‘n plaas in Otjomue Nord betree en twee werkers vasgebind voordat hy drie beeste, 24 skape en vyf bokke geslag het. Die diere het ‘n gesamentlike waarde van amper 70 000 Namibiese dollar. Terwyl die ander nege verdagtes in hegtenis geneem is, het Garus-Oab ontsnap.