Emirate stuur 40t mediese voorrade na Libanon

‘n Vliegtuig met 40 ton dringende mediese voorrade van die Verenigde Arabiese Emirate het gister in Libanon geland. Die Buitelandse Sake-ministerie van die Emirate sê dit onderstreep die sterk broederlike betrekkinge tussen die twee lande. Die ministerie het vroeër kommer uitgespreek oor die toename in vyandighede tussen Israel en Hezbollah, en die uitwerking daarvan op streeksbestendigheid. Libanese bronne sê tot een-miljoen mense in die land is die afgelope paar weke ontwortel. Onder hulle is meer as 200 000 vlugtelinge, volgens die VN, oor die grens na Sirië.