Otweya: 70 slagoffers is buitelanders, nedersetting onwettig

Ongeveer 70 slagoffers van die brand by Otweya in Walvisbaai is buitelanders. The Namibian berig dat Anita Kaihiva, woordvoerder van die munisipaliteit sê hulle sal met die lynministerie in die verband skakel. Sy voeg by daar is ‘n duidelike beleid teen onwettige grondbesetting. Hulle spanne het bevind dat van die mense wat die informele huise besit, of formeel in Walvisbaai of elders woon, en die wonings verhuur. Die brand het ontstaan ​​op grond wat aan die Nasionale Behuisingsonderneming behoort wat onwettig beset is. Een persoon is in die brand dood en ongeveer 80 informele strukture is vernietig.