Mbumba die week in Duitsland

President Nangolo Mbumba en sy Duitse eweknie, dr. Frank-Walter Steinmeier, sal amptelike samesprekings hou om betrekkinge tussen Namibië en Duitsland te bespreek. Mbumba reis na Hamburg in Duitsland, om die Volhoubaarheidskonferensie by te woon. Luidens ‘n verklaring sal hy in sy hoedanigheid as die mede-fasiliteerder van die Beraad van die Toekoms die konferensie gebruik om druk vir die hervorming van internasionale finansiële instellings te plaas. Gesprekke tussen hom en sy Duitse eweknie sal fokus om verskeie kwessies, ook die afhandeling van die volksmoord samesprekings.