Steeds geen konsultant vir stadion se opknapping nie

Die sportministerie is tans besig met ‘n vierde ronde van konsultasies vir die opknapping van die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad. Die kontrakteur moes reeds in April vanjaar met werk begin het. Die Tender Bulletin berig dat die opknapping eers 200 miljoen Namibiese dollar sou kos maar die kostes is opgestoot na ‘n miljard dollar. Die eerste tender is gekanselleer en ‘n tweede het begin Julie geopen en einde Julie gesluit. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Erastus Haitangela het destyds gesê hy hoop ‘n konstultant sal in Augustus aangestel word.