Werker wat blykbaar twee bestuurders skiet, verskyn Maandag

Die man wat daarvan verdink word dat hy twee bestuurders by die Ondangwa Henning Crusher geskiet het, het homself aan die polisie op die dorp oorgegee. Die 49-jarige werknemer van die maatskappy het na bewering die twee bestuurders in die maatskappy se kantore gesket met een man, 45, wat op slag dood is  terwyl die ander, 44, in ‘n kritieke toestand in die hospitaal is. Volgens bronne het die verdagte na bewering die duo in ‘n lokval gelei weens frustrasies met sy werksomgewing. Hy sal Maandag in die hof op die dorp verskyn.