VSA loods aanvalle op Houthi-teikens

Die Amerikaanse weermag sê hy het die Houthi-groep, wat deur Iran gesteun word, in Jemen aangeval en 15 teikens getref. Die Pentagon sê vliegtuie en oorlogskepe is gebruik in die aanvalle om navigasie-vryheid te beskerm. Ontploffings is aangemeld in van Jemen se groot stede, waaronder die hoofstad Sanaa. Die Houthis het sedert November aanvalle uitgevoer op omtrent 100 skepe in die Rooisee, en twee vaartuie laat sink. Die Houthis is deel van ‘n netwerk van gewapende groepe in die midde-Ooste wat deur Iran gesteun word wat ook Hezbollah in Libanon en Hamas in Gaza insluit.