Strauss gesels oor Bulle se Ulster-wedstryd vanmiddag

Die Bulle pak Ulster vanmiddag in ‘n Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd op Loftus met hope Springbokke. Direkteur van rugby, Jake White beskryf die span as die sterkste in vier jaar. Die internasionale spelers sluit Willie le Roux, Canan Moodie, Marco van Staden, Kurt-Lee Arendse, Elrigh Louw en Gerhard Steenekamp in, asook die kaptein, Ruan Nortjé. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.