Uitspraak oor vermeende pedofiel Maree se bekentenis uitgestel

Die uitspraak in ‘n verhoor binne ‘n verhoor oor die toelaatbaarheid van ‘n bekentenis wat vermeende pedofiel Johann Maree gemaak het ná sy arrestasie, is uitgestel. Maree beweer dat hy deur polisiebeamptes gedwing is om te bieg. Regter Claudia Christiaan het in die Windhoek hoërhof gesê uitspraak sal op 21 Oktober gelewer word. Die 52-jarige voormalige polisieman staar 75 aanklagte in die gesig. Maree is in 2020 in hegtenis geneem op klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Die verhoor is nie oop vir die publiek nie, om die identiteit van die slagoffers te beskerm.