ActionSA verwelkom tronkstraf in Steinhoff-saak

ActionSA verwelkom die vonnisoplegging van Steinhoff se voormalige finansiële hoof, Andries la Grange. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan het. Dit hou verband met bedrog van 367-miljoen Suid-Afrikaanse rand en spruit uit die manipulering van finansiële state en versuim om bedrieglike bedrywighede aan te meld. Alan Beesley van ActionSA sê hulle hoop dit lei tot bewyse sodat ander wat hierby betrokke was, ook suksesvol vervolg word.