Oud-Wallabie O’Connor na Crusaders in 2025

Rugby: Die voormalige Wallabies-losskakel, James O’Connor, speel vanaf volgende jaar vir die 14-malige Superrugbykampioen, die Crusaders. Die 34-jarige het die laaste van sy 64 toetse vir Australië in 2022 gespeel en die Reds vanaf 2019 verteenwoordig. Hy het besluit om nie sy kontrak te hernu nie en die Nieu-Seelandse span het hom daarop ʼn aanbod gemaak. Die Crusaders se afrigter, Rob Penney, beskryf O’Connor as ʼn wêreldklas en ambisieuse sportman terwyl die speler sê hy is opgewonde om homself in ʼn nuwe omgewing te beproef.