Drie Namibiërs in arres in Wes-Kaap oor 90kg dagga

Drie Namibiërs sal na verwagting binnekort in die Atlantis-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn nadat hulle met 90kg dagga betrap is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Anelisiwe Manyana, sê die Atlantis-misdaadvoorkomingseenheid het Woensdag inligting oor drie verdagte mans ontvang. Die drie het by ‘n vulstasie op die N7 van ‘n vragmotor afgeklim met groot sakke en het na bewering senuweeagtig opgetree. Lede van die eenheid het toegeslaan en die sakke vol dagga by die vragmotor-staanplek gekry. Die mans wat 40, 41 en 43 jaar oud is is in hegtenis geneem en die dagga is glo vanaf Namibië vervoer. Die verdagtes is by die Philadelphia polisiestasie in aanhouding.