EU, SA beraadslaag oor omstrede koolstof-grensbelasting

Die Europese Unie sê hy beraadslaag met die Suid-Afrikaanse regering oor kommer oor die koolstof-grensbelasting. Die EU hou vol die plan om van 2026 af ʼn prys te heg aan die koolstofvrystellings van sommige uitvoerprodukte, is bloot om aardverwarming te bekamp. Suid-Afrika beweer egter dis ʼn eensydige en beskermende handelsmaatreël wat die land se ekonomie jaarliks meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand gaan kos. Die EU se adjunk-ambassadeur in Suid-Afrika, Fulgencio Garrido Ruiz, sê hulle besef die wetgewing sal ʼn eksterne dimensie hê.