Veiligheid, sekerheidsmaatreëls ingestel vir MTN8-bekereindstryd

Sokker: Die polisie in KwaZulu-Natal het gepaste veiligheids- en sekerheidsmaatreëls ingestel om môre ‘n suksesvolle aanbieding van die MTN8-bekereindstryd tussen Orlando Pirates en Stellenbosch in Durban te verseker. Woordvoerder Robert Netshiunda sê 50 000 mense sal na verwagting die Moses Mabhida-stadion volpak. Hy sê verblyf- en vermaaklikheidsgeriewe in die stad sal waarskynlik ook ‘n toestroming van besoekers en kliënte ervaar.