Groot Aub-skuddings meet 3,6 en 3,9 op Richterskaal

Die myne- en energieministerie sê in ‘n verklaring die twee skuddings wat Donderdagaand en vroeg Vrydagoggend in Groot Aub net suid van Windhoek gevoel is, het by verskeie seismologiesestasies in Namibië en Suid Afrika geregistreer. Hulle het onderskeidelik 3,6 en 3,9 op die Richterskaal gemeet. Volgens die ministerie was die skuddings 10km onder die aardoppervlak, wat baie vlak is in geologiese terme. Anna Salkeus, die ministerie se senior openbare betrekkinge offisier, gee meer inligting.