Etiekkomitee moet Mkhwebane se uitlatings ondersoek

Judges Matter doen ‘n beroep op die Parlement se Etiekkomitee om die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane se ras-gedrewe aanval op ‘n regter van die Appèlhof te ondersoek. Mkhwebane het in ‘n sosiale mediaplasing haar voortdurende stryd teen haar vervolging op mense blameer wat hoofsaaklike van Indiese afkoms is. Sy het regter Visvanathan Ponna en Nazreen Bawa uitgesonder wat die getuienis in haar vervolgingsondersoek gelei het. Judges Matter sê Mkhwebane is gebonde aan Artikel 165 van die Grondwet om die waardigheid van die howe te beskerm, maar haar kommentaar skend waarskynlik die bepalings.