Ayatollah sê Iran sal nie terugstaan nie

Iran se opperleier Ayatollah Ali Khamenei het vanoggend gesê dat Iran en sy streeksgevolmagtigdes nie terugstaan teen Israel nie, etlike ure na ‘n aanval wat wat vermoedelik die erfgenaam van Hezbollah se vermoorde sekretaris-generaal geteiken het. Hy sê Dinsdagnag se aanval op Israel was wettig en regverdig en sou Israel weer aanval, sal so ‘n aanval vergeld word. Dit kom na Amerikaanse president Joe Biden gesê Israel se reaksie kan ‘n aanval op Iran se oliefasiliteite insluit. Brent ru-olie het in die afgelope sewe dae met amper 12 persent gestyg en verhandel tans net bo 78 Amerikaanse dollar ‘n vat.