Malaria-veltdog: Kenner sê inwoners is nie behoorlik ingelig nie

Sommige inwoners van Oshakati weier om hul huise te laat bespuit in die binnenshuise bespuitingsveldtog wat daarop gemik is om muskiete en malaria te bestry. Dit belemmer die veldtog se effektiwiteit. Die Oshakati-dorpsraad beplan om die hele dorp teen 30 November te dek. Die poging is deel van ‘n breër inisiatief van die gesondheidministerie wat 21 malaria-besmette distrikte teiken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Richard Kamwi, voormalige gesondheidminister en Namibiese verteenwoordiger van die Eliminate Malaria-veldtog, wat sê die inwoners is nie behoorlik ingelig oor die voordele van die veldtog nie.