Ghana bevestig geval van M-pokke, toets vir variant

Ghana se gesondheidsdiens het die land se eerste geval vanM-pokke vanjaar aangemeld, sonder om bekend te maak watter variant aangeteken is. Toetse is aan die gang om vas te stel of dit die klade Ib-vorm van die virus is wat wêreldwye kommer veroorsaak. Ghana het voorheen gevalle van die siekte in 2022 en 2023 aangeteken. Die verklaring beskryf die pasiënt as ‘n jong man, met koors, uitslag en lyfpyne. Daar word gesê 25 kontakte is geïdentifiseer en word gemonitor. Twee stamme van M-pokke versprei – die klade I-variant, wat endemies is in dele van Wes- en Sentraal-Afrika, en die nuwe klade Ib, wat makliker versprei deur noue kontak, insluitend seksueel.