WGO sê 28 van sy werkers is in Libanon dood

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 28 gesondheidswerkers is die afgelope 24 uur in Libanon dood. Meer as 1 000 mense in dié land is dood en sowat 1 miljoen inwoners is verplaas sedert Israel se oorlog teen die Iran-ondersteunde militante groep Hezbollah verskerp het. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê weens vliegbeperkings oor die land kan ʼn groot besending trauma- en mediese voorrade nie vandag in Libanon afgelewer word nie: