Handelsbeleid is amper gereed, word binnekort bekend gestel

Die bekendstelling van Namibië se Nasionale Handelsbeleid en die Nasionale Aksieprogram vir Belegging is geskeduleer vir Maandag, 14 Oktober. Dit sal amptelik die strategiese raamwerk bekendstel wat die land se globale handelsbetrekkinge, in lyn met Visie 2030, sal lei om ‘n ontwikkelde nasie te word. Elijah Mukobonda, die handelsministerie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.