Israel sal waarskynlik Iran se oliefasiliteite teiken

Israel sal waarskynlik ‘n grootskaalse lugaanval teen Iran se oliebedryf uitvoer en moontlik ‘n simboliese aanval op ‘n militêre teiken wat met sy kernprogram verband hou. Dit is die mening van die voormalige Israelse eerste minister, Ehud Barak. Barak sê Israel moet kragdadig optree. Die Amerikaanse president Joe Biden sê intussen hy is besig met gesprekke oor moontlike Israelse aanvalle op Iranse olieaanlegte in reaksie op Teheran se missielaanval. Olie is reeds kruwelrig en verhandel tans net onder 78 Amerikaanse dollar ‘n vat.