Gevangenes met vaardighede opgelei

Die Namibiese Korrektiewe Diens bedryf verskeie nywerheidsprogramme. Hierdie inisiatiewe poog om deur werkopleiding uitstekende werksetiek en die ontwikkeling van bemarkbare beroepsvaardighede te bevorder. Kursusse word aangebied in onder andere meganiese herstelwerk, kabinetwerk, konstruksie, kleremakery en stoffering. Die diens se hoof, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, gee aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n opdatering oor die werkswinkels se vordering.