Cheney sal vir Harris stem

Voormalige Republikeinse kongreslid, Liz Cheney, sê sy gaan in November vir die visepresident en Demokrate se presidentskandidaat, Kamala Harris, stem. Cheney was derde in die Republikeine se hiërargie in die Huis voordat sy uitgeskop is omdat sy vír die ampsklag teen Trump gestem het. Sy was een van twee Republikeine wat op die Huis se 6 Januarie-komitee gedien het om die oproer by die Kongresgebou te ondersoek. Cheney sê Trump is ʼn bedreiging vir demokrasie: