Goeie vordering by Savanna Beef

Bouwerk by Savanna Beef net Suid van Okahandja vorder flink met die eerste verslagtings wat moontlik teen middel volgende jaar verwag word. ‘n 100-persent meerderheidsbelang in Savanna Beef vir produsente is ook op 6 September beklink, toe die laaste beskikbare aandele van 6,46 miljoen Namibiese dollar verhandel is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mecki Schneider, die voorsitter van die Beesvleis-waardekettingforum, wat die jongste inligting deel.