Oliepryse styg na Biden-aanmerkings

Iran het Washington gewaarsku dat ‘n groot Israeliese aanval tot ‘n aanslag op Israeliese infrastruktuur sal lei en enige land wat so ‘n aanval help, sal as ‘n Iranse teiken beskou word. Dit kom na Amerikaanse president Joe Biden gesê het hy “bespreek” moontlike Israeliese aanvalle op Iranse olieterreine, in reaksie op Teheran se missielaanval. Sy kommentaar het oliepryse vinnig laat styg en olie verhandel tans net onder 78 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die Iranse president, Masoud Pezeshkian, het in Doha die versekering van Golfstate gevra dat hulle neutraal sal bly in geval van enige gesamentlike Israel-Amerika-aanval op Iran.