Maritieme Week nie net pret, wil ook beleggings lok

Die kusstreke vier die derde aflewering van Maritieme Week, met die vieringe wat by Walvisbaai plaasvind. Die feesvieringe word deur Namport en die hawedorp se munisipaliteit gereël. Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, het by die openingsgeleentheid beklemtoon dat die vieringe ten doel het om beleggings in die dorp te bevorder.