Israelse weermag sê dorpies in suid-Libanon moet ontruim

Die Israelse weermag het die inwoners van 25 dorpies in die suide van Libanon gevra om te ontruim. Dit is die jongste in ʼn reeks oproepe deur die weermag terwyl hulle Hizbollah-teikens aanval. Woordvoerder, Avichay Adree, het in ‘n boodskap op X gesê die weermag wil niemand seer maak nie maar hulle moet ter wille van veiligheid hul huise onmiddellik ontruim en tot noord van die Awali-rivier beweeg. Hizbollah sê hy het vandag ʼn reeks vuurpyle op die Israelse stad, Tiberias, afgevuur.