Cosatu kap ‘toondowe’ DA oor Indiensnemingwet

Cosatu sê hy is ontsettend ontsteld oor die DA se skokkende dreigemente om die Wet op Gelyke Indiensneming ongrondwetlik te laat verklaar. Matthew Parks van die federasie sê enigiemand met basiese regskennis sal weet die toondowe DA se toertjies het geen kans om te slaag nie, aangesien die grondwetlike verpligting duidelik uitgestippel is op die staat en werkgewers om aandag te gee aan diskriminasie in werkplekke.