Amupanda en AR wil ‘veg vir die land’

Die Affirmative Repositioning-beweging het amptelik die naam van sy leier en hoofaktivis, Job Amupanda, as sy presidensiële kandidaat aan die Verkiesingskommissie van Namibië voorgelê. Vereistes om as ‘n presidensiële kandidaat geregistreer te word, sluit in om ‘n kandidaat van ‘n geregistreerde politieke party te wees, indien nie ‘n onafhanklike kandidaat nie, om ‘n geregistreerde kieser te wees en betaling van 20 000 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Amupanda gepraat oor die party se benadering tot die verkiesing.