Alcaraz haas na Sjanghai direk na hy Chinese Ope wen

Tennis: Die uitputtende tennisprogram is beklemtoon toe die Spanjaard, Carlos Alcaraz, lughawe toe moes haas kort nadat hy in Beijing as die Chinese Ope-kampioen gekroon is. Hy sê hy kon nie eens sy oorwinning oor die wêreld se nommer een, Jannik Sinner van Italië, vier nie. Hy moes dadelik van die stadion jaag om ʼn vliegtuig te haal na Sjanghai, waar hy Saterdag sy eerste wedstryd in die Meesters-toernooi speel. Hy het eers in die vroeë oggendure daar aangekom. Sinner speel ook in Sjanghai.