Tiere vrek in Suid-Viëtnam van voëlgriep

Tientalle tiere is in dieretuine in Suid-Viëtnam dood ná ‘n voëlgriep-uitbreking, volgens staatsmedia. Drie leeus en ‘n panter is ook sedert Augustus saam met 47 tiere aan die virus dood. Die H5N1-uitbraak het die Vuon Xoai-dieretuin naby Ho Chi Minh-stad en die My Quynh-safaripark in die naburige Long An-provinsie getref. ‘n Amptenaar het aan die nuusagentskap Reuters gesê die diere het waarskynlik siek geword nadat hulle vleis van hoenders wat besmet is gevoer is. Die Viëtnamese ministerie van gesondheid het gesê twee monsters wat van dooie tiere geneem is, het positief getoets vir voëlgriep, en amptenare “spoor die bron van die hoender op om die oorsaak te bepaal”.