Guterres toegang tot Israel verbied

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, is verbied om Israel binne te gaan weens sy reaksie op Iran se ballistiese missiel-bombardement op Israel. Israel se minister van Buitelandse Sake, Israel Katz, noem hom ’n anti-Israelse sekretaris-generaal wat terroriste ondersteun. Hy sê enigeen wat nie die aanval onvoorwaardelik veroordeel nie, kan nie die land inkom nie. Gister se aanval is die jongste in ʼn reeks aanslae wat bykans ʼn jaar gelede begin het met Hamas se aanvalle op Israel, en onlangs uitgebrei het met gevegte tussen Israel en die Irans-gesteunde Hezbollah.