Buttler gaan saam Wes-Indiese Eilande toe

England se beperkteboulbeurte-kaptein Jos Buttler is ingesluit in die groep vir die toer later die maand deur die Wes-Indiese Eilande. Hy het verlede maand Engeland se T20- en eendagreeks teen Australië misgeloop terwyl hy steeds herstel het van ‘n kuitbesering. Die drie nuwelinge Jafer Chohan, die Suid-Afrikaans-gebore John Turner en Dan Mousley is ook ingesluit in die groep van 14 spelers. Engeland kom in drie eendagwedstryde en vyf T20s teen Wes-Indië te staan.