VSA sê sanksies kom teen Iran

Die Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, Linda Thomas-Greenfield, het Iran se missielaanval op Israel veroordeel en sê dit vererger spanning in die Midde-Ooste. Iran het Dinsdag sowat 200 ballistiese missiele op Israel afgevuur, maar die meeste is met behulp van Amerika onderskep. Volgens Iran was die aanval uit weerwraak op die dood van die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, en ander. Thomas-Greenfield waarsku nog sanksies gaan teen Teheran ingestel word: