Krieket: Nou ‘n hou vir Pakistan

Pakistan se witbalspan is leierloos na kaptein Babar Azam se bedanking, wat ‘n bestuurskrisis vererger wat volgens kenners die span se internasionale prestasie in al die formate erg raak. Azam het sy bedanking op sy persoonlike sosiale media aangekondig voor die Pakistanse Krieketraad 12 uur later ‘n amptelike verklaring uitgereik het. Pakistan het die afgelope twee jaar vier afrigters, drie raadsvoorsitters en vier kapteins gehad en teen die internasionale rangleer afgegly.