Het Marburg in Duitsland aangekom?

‘n Stasieplatform is by die Hamburg-sentraalstasie in Duitsland tydelik afgesper weens vrese dat ‘n passasier moontlik opgedaag het met ‘n gevaarlike virus. ’n Woordvoerder van die brandweer het aan Bild gesê die man en sy meisie het griepagtige simptome op ’n hoëspoedtrein vanaf Frankfurt ontwikkel. Hulle het van Rwanda gekom waar hulle ‘n man behandel het wat ‘n aansteeklike siekte ontwikkel het. Die Oos-Afrika land sukkel tans met ‘n uitbreking van die Marburg-virus, waaraan agt mense reeds gesterf het. Die man en sy meisie is na ‘n spesialiskliniek geneem.