Ministerie ‘werk aan sanitasie-, waterprobleme by skole’

Klasse by die Ndama Junior Primêre Skool in Rundu is vir ’n onbepaalde tyd opgeskort weens sanitasiekwessies. Dit kom nadat die Namibië Nasionale Onderwysersunie, Nantu, gedreig het om die skool te sluit weens nie-funksionele toilette en ‘n gebrek aan water. Nantu sê daar is meer skole met dieselfde probleme. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê hulle werk aan die kwessies.