KI kan nie ‘menslike element in onderwys vervang’

Die MANCOSA Skool van Onderwys sê hoewel leermodelle van kunsmatige intelligensie in die toekoms al hoe meer invloedryk sal raak, moet ʼn gebalanseerde benadering gebruik word ten opsigte van integrasie. MANCOSA-woordvoerder, Stephan van der Westhuizen, sê die impak van mens-gebaseerde onderwysmodelle durf nie agterweë gelaat word nie, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks.