Verbeter spoorinfrastruktuur vir veiligheid, hoor konferensie

Die jaarlikse Spoorveiligheidskonferensie in Stellenbosch het die behoefte aan beter spoorveiligheid onthul. Die Spoorveiligheidsreguleerder en waarnemende uitvoerende hoof, Mmuso Selaledi, het die behoefte aan verbeterde spoorinfrastruktuur beklemtoon. Hy het verwys na die Paarl-voorval waarin 24 mense beseer is, en ‘n botsing in Mpumalanga wat ses lewens geëis het. Hy sê veiligheidsverbeterings en tegnologiese innovering in die bedryf is nodig.