Oekraïne ondersoek ‘teregstelling van krygsgevangenes’

Oekraïnse owerhede ondersoek wat hulle sê die oënskynlike summiere teregstelling deur Russiese troepe is van 16 Oekraïense soldate. Die soldate het aan die oostelike frontlinie oorgegee. Oekraïne het al voorheen Rusland beskuldig van hierdie oorlogsmisdade. Oekraïne se aanklaer-generaal, Andriy Kostin, sê op X dit is die grootste aangemelde geval van die teregstelling van Oekraïense krygsgevangenes. Hy sê dis nog ‘n aanduiding dat die moord en marteling van krygsgevangenes nie geïsoleerde voorvalle is nie, maar ‘n doelbewuste beleid.