VN bekommerd oor toenemende vyandelikhede in die Midde-Ooste

Die Verenigde Nasies se Menseregteraad is bekommerd oor die toenemende vyandelikhede in die Midde-Ooste en die moontlikheid van ‘n streekoorlog. Iran het gisteraand ‘n missielaanval op Israel uitgevoer na die dood van die Hizbollah-leier Hassan Nasrallah. Dit het gevolg ‘n paar uur na Israel se aankondiging dat hy ‘n beperkte, plaaslike grondoperasie in Libanon van stapel gestuur het. Die VN se Menseregte-woordvoerder, Liz Throssell, sê alle partye moet ‘n duidelike onderskeid tref tussen militêre teikens en burgerlikes.