Kenner sê oor olieprys (wat steeds styg)

Die Brent ru-olieprys verhandel tans bo 75 Amerikaanse dollar ‘n vat, op van die 70 dollar wat Dinsdag aangeteken is. Die kommoditeit het in die afgelope dag met 3,5 persent gestyg na Iran Israel aangeval het en Israel nou sy terugaanval beplan. Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat voorlê.