NamWater-hoof praat oor ontledings by Hardapdam

Die vergadering tussen die Hardap-produsente, Namibia Dairies, die Mariental-munisipaliteit en NamWater het volgens berigte baie goed afgeloop. Produsente het NamWater se onttrekkingsyfers bevraagteken en besprekings het ook gesentreer op die 4,3 miljoen kubieke meter water dooie-kapasiteit van Hardap. Daar is bevind dat ‘n totaal van twee miljoen kubiek hiervan onttrek kan word. ‘n Nuwe voorlegging vir benutting in die huidige maand sal aan die lynministerie en NamWater se bestuur voorgelê word. NamWater se uitvoerende hoof Abraham Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.