Groenwaterstof kort ‘n standaard definisie

Tom Alweendo, die minister van myne en energie het die dringende behoefte aan spesifieke wetgewing beklemtoon om die groeiende groenwaterstof industrie te reguleer. Hy sê die huidige wetlike raamwerk het nie duidelike definisies nie vir groenwaterstof nie en die kan die land se mededingendheid in globale markte belemmer. Hy sê die land kan nie in ’n situasie beland waar iemand daarop aanspraak maak om groenwaterstof te vervaardig sonder om aan erkende kriteria te voldoen nie. Wetgewing in die verband behoort teen die einde van die jaar gefinaliseer te word. Hy waarsku dat sonder gestandaardiseerde definisies, kan Namibië sukkel om sy groenwaterstof na markte met gevestigde regulasies uit te voer.